AFRIKA (NERS) IS PLESIERIG

Image

Dit was mos nou weer lang vakansie.  Dié wat kon het opgepak en die lang pad gevat êrens heen.  Êrens waar sonskyn en spasie is, dalk langs die see, in die berge of in die Kalahari, of dalk op ‘n Karooplaas of in ‘n klein Karoodorpie soos ons s’n.  Afrikaners, Suid-Afrikaners en almal wat hulle harte vir Suid-Afrika gegee het, soek mos die blou lug bokant hulle koppe en die warm son op hulle lywe wanneer die somervakansie aanbreek.  ‘n Paar malles gaan soek selfs die Bosveld op in Desember.  Maar oor húlle gaan ons liewer nie praat nie.

Hier by ons kom hulle van oral af aan.  Van Johannesburg en Pretoria, Bloemfontein, Kaapstad en Stellenbosch.  Tot van Holland af kom hulle, van Engeland en al daardie plekke waar dit nou koud en bewolk is.  Geen “white Christmas” vir hulle nie.  Nee.  Sweet en sonbrand.  Dís wat hulle soek.   En wanneer hulle hier kom, is hulle in hulle t-hemde aan of dis sommer kaal bolyf  en die braaivleisvure word tydig en ontydig aangesteek.

Hulle braai in die strate, kuier op stoepe of onder groot ou koeltebome en alles, net mooi alles wat hulle moontlik kan, word buite gedoen.

Ons het nogal baie ‘swaeltjies’ wat invlieg in die somermaande.  Mense wat ‘n huisie gekoop het toe dit nog bekostigbaar was, uitsluitlik met die doel om somervakansies hier te kom deurbring.  (Dié van Europa en Engeland af natuurlik om die  yskoue winter vry te spring.  Wie wil dan ook sit en bibber as jy ‘n plekkie in Afrika het ….)

Image

Selfs ons wat die Karoo-son gewoond is, verlustig ons in die buitelugkuiers, want, glo my, die winters is lank hier bo in die berge en dit word bitter koud.  

En noudat ons almal op Facebook kuier en op allerhande maniere op die web met ons vriende kontak het, ook dié wat blyplek gemaak het ver oor die see, sien ons hoe ons braaivleistradisie versprei oor die wêreld.  Oral waar Suid-Afrikaners bymekaarkom, maak hulle ‘n plan om ‘n vleisie te braai.  En dit moet ‘n behoorlike vleisie wees.  Nie ‘n ‘barbeque’ soos die Amerikaners nie, nee.  Hulle kan maar hulle hamburger patties hou. 

Hier by ons braai ons Koedoe en Eland, sommer ‘n hele ontbeende lamsboud wat ge’butterfly’ is, Nguni-wors en Koedoewors en lekker gemarineerde hoenderdytjies.  En daarmee saam kom die pap en die slaaie.  Of die braaibroodjies en die slaaie. 

Weet jy, noudat ek so daaraan dink moet ons miskien maar weer ‘n ou vleisie op die kole gooi, al is die vakansie verby.  Wat dink jy?

Geskryf deur:  Tutti (Joanna)  Graham

Advertisements

One thought on “AFRIKA (NERS) IS PLESIERIG

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s